Search
Close this search box.

Puik diens steun onmisbare produk

“Wat “FarmRanger van soortgelyke produkte onderskei is hul uitstekende diens. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe goed en vinnig FarmRanger is nie. Dit is absoluut fantasties om sake met hulle te doen,” sê Mientjie Rajchrt.

Sy boer met  tussen 150 en 200 koeie en kalwers (afhangend van die tyd van die jaar) in die Lothair-distrik van Mpumalanga, terwyl haar broer Karel, in die Bronkhorstspruit-omgewing ook met beeste boer.

Sy boer met  tussen 150 en 200 koeie en kalwers (afhangend van die tyd van die jaar) in die Lothair-distrik van Mpumalanga, terwyl haar broer Karel, in die Bronkhorstspruit-omgewing ook met beeste boer.

As voorbeeld van FarmRanger se goeie diens vertel Rajchrt dat Philip Lötter haar geskakel en laat weet het dat ‘n nuwe nekband gereed is vir aflewering slegs een dag nadat sy dit bestel het.

“Die nekbande word ook een keer per jaar deur hulle gediens. Die diensproses word binne ‘n paar dae afgehandel – vanaf die tyd dat ons dit van die dier afhaal, wegstuur na FarmRanger se kantore en dit weer terug ontvang,” verklaar sy.

Besluit om vee te beskerm

Rajchrt se familie het voorheen met beeste asook skape in die Chrissiesmeer-distrik geboer. Ongeveer nege jaar gelede het hulle 500 skape in slegs een jaar verloor as gevolg van veediefstal. Ten tye van dié vlaag van veediefstalinsidente het hulle nie van FarmRanger gebruik gemaak nie.

“Ons het toe van FarmRanger gehoor en besluit om ‘n nekband vir die skape te koop. Dit was nog een van die ou modelle wat nie met GPS-funksionaliteit toegerus was nie. Nadat ons die nekband gebruik het, het die aantal veediefstalvoorvalle verminder en dit het elke keer verhoed dat ons enige diere verloor het.”

“Oor die jare het ons meer nekbande aangekoop en ook op ons beeste begin gebruik. Al die ou nekbande is met nuwe modelle vervang wat met GPS-opsporingtoestelle toegerus is. Ons het intussen na die Lothair-omgewing verhuis en boer nou slegs met beeste waar ons een FarmRanger-nekband vir elke trop van 50 koeie gebruik,” voeg sy by.

 

Opvolg van alarms

Rajchrt beklemtoon die belangrikheid om elke alarm te ondersoek en dan te besluit hoe om verder op te tree. “Indien jy ‘n alarm ontvang, moet jy dit ondersoek omrede dit nie onnodig sal afgaan nie. Wanneer die alarm op my selfoon afgaan, aktiveer ek die uitgebreide opsporingfunksie om die beweging van die betrokke trop vir die volgende 30 minute dop te hou.”

“Deur die diere se beweging te monitor en hul gewoontes aan te leer kan ek vasstel of hulle slegs rusteloos is of wanneer dit ‘n ernstige insident is wat ondersoek moet word. Dit is maklik om die onderskeid te tref.”

“Wanneer hul aangejaag word, word die rigting waarin hulle beweeg deur ‘n lang rooi streep op die Google-kaart vertoon. Sodra ons dié patroon sien, gaan ons dadelik na hul ligging om verliese te voorkom,” verduidelik sy.

Sy vind dat dit beter is om die nekband aan die nek van ‘n ouer koei met ‘n gematigde geaardheid in die kudde te plaas eerder as dié van jonger diere. Die ouer dier is rustiger en derhalwe is daar minder vals alarms.

 

Eienskappe van die app

Rajchrt vind ‘n aantal eienskappe op die FarmRanger app nuttig. “Ons ervaar soms baie dig mistige omstandighede op die plaas wat opsporing van diere belemmer. Die app is wonderlik om die beeste vinnig op te spoor.”

Sy voeg by dat die nekbande 24/7 aangeskakel bly. “Ek verander slegs die nekbande se stelling elke nag om 20:00 na sensitief. ‘n Liggingsverslag word elke aand gegenereer sodat ek kan sien waar elke trop gereed maak om die nag te slaap.”

“Nog ‘n voordeel van die app is dat ek weet of my werkers wel die beeste getel het. Sodra hulle die kamp ingaan, reageer die beeste,” vertel sy.

 

Batterye

Rajchrt sê dat die nuutste weergawe batterye baie langer hou en slegs elke agt maande herlaai moet word. Dit benodig tussen vier en agt ure om die battery te herlaai.

FarmRanger is ‘n onmisbare deel van Rajchrt se boerdery. “Ons kan nie daarsonder boer nie. Al ons familielede wat boer maak ook gebruik van die produk, soos byvoorbeeld my skoonpa het 13 nekbande vir sy vee.”

 

Koste teenoor risiko

Volgens Rajchrt mag FarmRanger op die oog af duur lyk, maar sê dat dit die moeite werd is. “Boere moet nie hul teen die aankoopprys blind staar nie. Oorweeg ook die finansiële verliese wat jy moontlik kan ly met ‘n enkele voorval van veediefstal – en dit sluit dan nie die aanteelwaarde van verlore kalwers in nie.”

“Ek betaal eerder die koste van een kalf om FarmRanger se uitgawes te dek as om ‘n hele trop moontlik te verloor,” beklemtoon sy.

“Sodra veediewe bewus is dat jou beeste beskerm word met ‘n FarmRanger-nekband verskuif hulle hul fokus na ander areas waar nekbande nie gebruik word nie. Onlangs is ‘n hele trop van 180 diere op ‘n naby geleë plaas gesteel.”

i’m interested, please call me…

NAME(Required)

Related Stories/Client Testimonials