Search
Close this search box.

FarmRanger verminder risiko van stoetery

“Ek sal nie sonder FarmRanger-nekbande suksesvol kan boer nie,” sê Wynand Du Toit van Suidplaas-Dohnes in die Bredasdorp-distrik.

Hy het die grootste Dohne-Merinostoet in Suid-Afrika met 2,750 geregistreerde ooie en is vier keer sedert 2000 aangewys as Bobaas-Dohneteler van die Jaar deur die Dohne Merinotelersgenootskap.

Veediefstal het ‘n beduidende impak op Du Toit se stoetery wat geskoei is op genetiese vordering. “As ‘n ooi of ram gesteel word is die verlies in genetika en die teelwaarde van daardie dier ontsaglik vir my.”

Hy verduidelik dat hulle noukeurige rekords hou van al hul diere vir die afgelope 50 jaar. Dit sluit kriteria soos vrugbaarheid, reproduksie en moedereienskappe in.

“Ek gebruik die nageslagrekords om te verseker dat al my teeldiere van bewese gehalte is – volgens hul ouers se opgetekende geskiedenis. Die verlies van ‘n skaap beïnvloed die hele familiegroep van daardie dier,” verklaar hy. “Een veediefstalinsident wis al die harde werk van sorgvuldigde seleksie oor baie jare uit en die koste daarvan is onmeetbaar.”

Du Toit vertel dat hy vier jaar gelede ‘n vlaag veediefstalinsidente ondervind het.

“Die veediewe was so arrogant dat hulle nie eers probeer het om met die lewendige diere weg te kom nie. Een nag is 10 ooie langs die grensdraad geslag en slegs die vleis gevat. Ek het die volgende oggend op die plek afgekom waar die skaapvelle op die heining hang en die koppe en binnegoed gelos is. In nog ‘n voorval is 6 ooie en 11 lammers gesteel,” sê hy.

Nadat ‘n vriend hom van FarmRanger vertel het, het Du Toit dadelik vier halsbande gekoop. “Sedert ek FarmRanger-nekbande begin gebruik het, het ek nie een skaap as gevolg van veediefstal verloor nie.”

Du Toit getuig dat hy baie goeie ondervinding met FarmRanger het. “Wanneer ‘n alarm afgaan, word nie slegs ek in kennis gestel nie, maar ook van my werkers, die sekuriteitsfirma wat in die area patroleer en FarmRanger.”

“Dit gee my gemoedsrus om te weet dat elke insident opgevolg sal word indien ek nie beskikbaar, of op die plaas, is nie. Ek het 5 of 6 alarms in die afgelope maand ontvang wat verdere ondersoek vereis het. Die sekuriteitsfirma was elke keer binne minute op die toneel wat die veediewe verjaag het voordat dat hulle ‘n dier kon steel,” voeg hy by.

 

 

Twee kenmerke van FarmRanger wat vir Du Toit uitstaan is die verlengde batterylewe en selfoon app. “Die battery moet slegs drie of vier keer per jaar herlaai word. Die herlaaiproses is vinnig en die battery is binne ‘n paar ure weer ten volle herlaai.”

“Die app is uitstekend. Ek kan op die Google-kaart met my selfoon presies sien waar die skaapkudde is wat die alarm geaktiveer het. Die app is ook ‘n nuttige bestuurshulpmiddel omrede ek elke aand ‘n daaglikse verslag ontvang.”

“Ek kan FarmRanger beslis aan veeboere aanbeveel. Die risiko om daarsonder te wees is eenvoudig te groot,” bevestig hy.

 

i’m interested, please call me…

NAME(Required)

Related Stories/Client Testimonials